Ons verantwoordelikhede

By Johnson Controls moet elkeen oral bekend wees met die Etiese Kode en dit elke dag toepas – ongeag rol of senioriteit.

Dit sluit alle werknemers, beamptes en lede van die raad van direkteure in. Oortreding van die Kode is ernstig en kan tot dissiplinêre optrede lei, wat ontslag kan insluit, ooreenkomstig plaaslike wetlike vereistes.

Johnson Controls het beleide wat baie van die onderwerpe in die Kode in meer besonderhede uiteensit. Dit is te vinde op die Ethics & Compliance SharePoint-webblad.

Ons moet nie slegs die Kode en die Maatskappybeleide toepas nie, elkeen van ons het die verpligting om wette wat op ons van toepassing is na te kom. Ons het die plig om te praat as ons onseker is oor wat om te doen of ‘n bekommernis het – veral as ons wangedrag sien of vermoed.

SPESIALE VERANTWOORDELIKHEDE VAN LEIERS EN TOESIGHOUERS

Ofskoon ons almal die Kode moet toepas en ‘n voorbeeld van Johnson Controls se waardes moet wees, het werknemers met leierskaps- of toesighouersverantwoordelikhede addisionele verpligtinge om:

  • Spanlede te herinner en gereeld verslae te stuur oor die belangrikheid om die Kode toe te pas
  • Aktief te soek vir geleenthede om die Kode en ons waardes te bespreek (byvoorbeeld gedurende spanvergaderings en individuele prestasiebeoordelings)
  • Optredes van etiese leierskap te erken en te beloon en dit te koppel aan ons verlangde kultuur en sake-uitkomste.
  • Volg op in die proses om gevolge te bestuur van werknemers wat die Kode en/of maatskappybeleide oortree.
  • Dien as ‘n rolmodel en demonstreer ‘n persoonlike toegewydheid aan etiek en nakoming in wat ons sê of doen.
  • Maak seker dat ons spanne bewus is van die verskillende maniere waarop bekommernisse aangemeld kan word en dat weerwraak nie geduld sal word nie.
  • Teken enige bekommernisse wat onder ons aandag gebring word in die Integriteitshulplyn aan om onpartydige, professionele ondersoek te verseker
  • Dring daarop aan dat nie-werknemers (soos konsultante en tydelike en gebeurlikheidswerkers)
    optree volgens die Kode en ons waardes

 

Maak slim keuses