Nakoming van internasionale handel

Om wêreldwyd besigheid te doen

HOE ONS WEN

As ‘n maatskappy wat internasionaal werksaam is, kom ons alle handelsregulasies en -beperkings wat op ons van toepassing is, na.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Ons is trots daarop dat ons klante en bedrywighede in baie lande regoor die wêreld het. Ons pas die wette wat oral waar ons besigheid doen van toepassing is, toe, asook die wat internasionale handel beheer. Vir nasionale sekerheid, politieke of ekonomiese redes mag regerings die invoer en uitvoer van sensitiewe toerusting en data beheer; hulle mag ook besigheid met sekere groepe, individue of lande beperk. Nakoming van handelsregulasies voorkom nie net swaar boetes, verlies van permitte en tronkstraf nie, dit help ook om die wêreld ‘n veiliger plek te maak.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons doen ons besigheid regoor die wêreld verantwoordelik deur:

  • Maatskapybeleide en prosedures wat ontwerp is om handelsregulasies te hanteer, na te kom, insluitend ons Handelsnakomingsbeleid
  • Nie doelbewus te bemark, te verkoop of dienste te verskaf aan enigeen op die VS, EU of ander toepaslike embargo- of sanksielys nie.
  • Alle kontraktuele of wetlike beperkings op toegang tot klantinligting na te kom
  • Risiko-assesserings en omsigtigheidsondersoeke (‘due diligence’) van derde party-organisasies met wie ons van plan is om besigheid te doen, uit te voer.
  • Die Regsafdeling in kennis te stel indien enige klante, verskaffers of andere ons vra om aan ‘n boikot deel te neem.

DINK EERS

V:

Ek weet dat Johnson Controls altyd op soek is na potensiële nuwe markte vir ons produkte en oplossings. n Oorsese verspreider het my onlangs gekontak om te sê dat hy navrae ontvang oor ‘n produklyn wat ons nog nie voorheen in daardie deel van die wêreld verkoop het nie. Ek is bewus daarvan dat daar soms beperkings is oor waar ons produkte kan verkoop en op die gebruike daarvan. Ek het vir die verspreider gevra om ‘n paar vrae te beantwoord om te verstaan wie die beoogde eindgebruiker is en wat die eindgebruik is. Sy antwoorde was vaag en dit het gelyk asof hy my bekommernisse bagatelliseer. Ek glo nie hy het die potensiële risiko’s verstaan nie. Wat moet ek doen?

A:

Dit was slim van jou om internasionale handelsnakoming te berde te bring. Dit is belangrik om enige markgeleentheid oorsee na te gaan vir hierdie soort risiko’s. Jy moet aangaan met jou navrae aan die verspreider, want ons sal nie die produkte kan verskaf sonder ‘n volledige beeld van die beoogde eindgebruiker en eindgebruik nie. Eskaleer ook die potensiële internasionale handelskwessies na bestuur, die Handelsnakomingspan of die Regsafdeling vir advies.