Billike mededinging/antitrust (mededingingsreëls)

Om billik sake te doen

HOE ONS WEN

Ons ding sterk en regverdig mee, vaar beter as ons mededingers deur superieure gehalte en waarde.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Ons glo in ‘n vrye en mededingende mark. Dit lewer vir ons die beste geleentheid om die Johnson Controls- handelsmerk te onderskei. Omdat ons klantgerig is en die beste-in-die-klas-diens lewer, vaar ons beter as ons mededinging en bou ons ‘n langtermynvertroue in ons handelsmerk. Die wette wat daargestel is om vrye markte te bevorder – bekend as antitrust-wette in die Verenigde State en billike mededingingswette in die meeste ander lande – is kompleks; oortreding daarvan kan tot ernstige straf lei. Ons erken dat selfs die skyn van onregverdigheid of wanvoorstelling in ons mededingende praktyke ons reputasie skade kan aandoen en ons kan blootstel aan wetlike aanspreeklikheid.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons wen besigheid op die korrekte manier deur:

  • Formele en informele ooreenkomste of gedragspatrone met mededingers te vermy om:
    • n Sekere prys vir ‘n diens te hef (prysvasstelling)
    • n Tenderproses te manipuleer (bid rigging)
    • Markte op te deel volgens geografie of klant (marktoewysing)
  • Eerlike en akkurate aanbieding van ons waardeproposisie sonder oordrywing
  • Nooit onbehoorlik in te meng met ons klante se bestaande besigheidskontrakte nie
  • Lees en verstaan die Global Antitrust Fair Competition Policy (Globale Antitrust Billike Mededingingsbeleid)
  • Nooit ons markaandeel-posisie te misbruik nie

DINK EERS

V:

Terwyl ek by vanjaar se MetroExpo vir die paneelbespreking gewag het, raak ek in gesprek met ‘n mededinger se verkopedirekteur. Hy het gevra of ek opgemerk het dat die fasiliteite-aankoopbeampte in ‘n groot stad wat ons albei ondersteun, besonder moeilik is om sake mee te doen; hy het gespekuleer oor wat sou gebeur indien maatskappye soos ons s’n sou weier om sake met die stad te doen. Om oor ‘n gesamentlike klant te gesels het my ongemaklik laat voel, so ek het gemaak asof ek ‘n telefoonoproep moes neem en na ‘n sitplek aan die ander kant van die ouditorium geskuif. Hoe moes ek gereageer het?

A:

Jy was reg om die gesprek te beëindig. Dit sou ook wys wees om jou bekommernis so gou as moontlik na die Regsafdeling te verwys. Handelstentoonstellings en verenigingvergaderings is belangrike plekke vir ons om te leer en om aktueel in ons bedryf te bly. Interaksie met mededingers by sulke geleenthede kan egter deurspek wees met risiko’s vir oortreding van die wet op mededinging. n Gesprek met ‘n mededinger oor die boikot van ‘n gesamentlike klant, kan gesien word as ‘n poging om ‘n onwettige ooreenkoms te sluit om maatskappye van ‘n sekere mark uit te sluit of om druk te plaas op ‘n sekere klant om “gehoorsaam” te wees.