Gelyke geleenthede en die voorkoming van diskriminasie

Ondersteuning en bevordering van ons mense.

HOE ONS WEN

Ons trek talentvolle mense, ontwikkel hulle potensiaal en stel hulle in staat om sukses te behaal.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Ons stel die bestes en die slimstes aan en bevorder hulle. Ons baseer indiensnemingsbesluite op kwalifikasies, aspirasies en prestasie, nooit op vooroordeel nie. Om aan elkeen ‘n billike kans te gee is die regte ding om te doen. Ons duld nie diskriminasie op grond van ras, kleur, godsdiens, nasionale herkoms, geslag, of jy verwagtend is, ouderdom, gestremdheid, seksuele oriëntasie, gender-identiteit, militêre diens of enige ander status wat deur die wet beskerm word nie.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons trek, ontwikkel en behou uitstaande werknemers deur:

  • Mense billik te behandel en te fokus op die waarde wat hulle na Johnson Controls bring.
  • Besluite te neem oor werwing, opleiding, bevorderings en dissipline gegrond op meriete
  • Gestremdes so redelik moontlik te akkommodeer
  • Geen verskonings vir diskriminasie te aanvaar nie – daar is geen nie

DINK EERS

V:

Ek het gehoor dat my toesighouer sê dat hy geen ouer mense in sy span wil hê nie. Hy sê hy diskrimineer nie – hulle kan net nie byhou by ons produksiespoedvereistes nie. Is hy reg?

A:

Nee, hy is nie. Veralgemenende oortuigings of uitsprake oor ‘n persoon of groep van mense gebaseer op ouderdom of ander persoonlike eienskappe is onvanpas en strook nie met die waardes en kultuur wat ons bevorder nie. Dit mag ook lei tot diskriminerende optredes. Almal behoort beoordeel te word op hulle vaardighede en prestasie. n Werkomgewing waar elkeen billik behandel word help om ‘n vertrouende, gemotiveerde en hoogspresterende kultuur te verseker.