Fisieke eiendom en bates, ons reputasie en ons vertroulike en eienaarsinligting

Ons beskerm die maatskappy se bates

Hoe ons wen

Ons beskerm Johnson Controls se reputasie en ander bates want dit is die boustene van ons toekoms.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

Ons fokus op die toekoms. Om dit wat ons vandag het, die beste te gebruik, stel ons in staat om môre te wen. Ons bates – eiendom, geld, inligting, idees en reputasie – maak ons werksaamhede moontlik, en stel ons in staat om geld in innovering en voortdurende verbetering te steek. Ons moet rentmeesters van hierdie bates wees en hulle gebruik om uitsonderlike klantervarings en volhoubare beleggerwaarde te skep.

Hoe dit lyk om te wen

Ons beskerm Johnson Controls se bates deur die volgende:

  • Deur redelik na bates wat in ons beheer is, om te sien, om te verhoed dat dit verlore gaan, beskadig word, vernietig word, gesteel word om ongemagtigd gebruik word
  • Deur waaksaam te wees om bedrog, vermorsing of misbruik van maatskappybates te voorkom
  • Deur ons rekords en inligting te bestuur in ooreenstemming met die beleid oor rekordbehoud en ander maatskappybeleide
  • Deur inligtingsekuriteit en gebruikerstoegangprotokolle na te volg wat die maatskappy stelsels en data beskerm teen ongemagtigde toegang, wysiging, duplisering, vernietiging of bekendmaking, hetsy per ongeluk of doelbewus
  • Deur maatskappybates slegs vir besigheidsdoeleindes te gebruik, tensy ‘n redelike, toevallige persoonlike gebruiksuitsondering geld
  • Deur enige kommer oor die gebruik, misbruik of bedreiging van ons maatskappybates te rapporteer

Verskillende bates, dieselfde beginsel

Maatskappybates kan baie vorms aanneem. Hoe ons dit beskerm, hang af van die bates en ons spesifieke rol. In alle gevalle geld dieselfde beginsel egter: Wees versigtig en gebruik goeie oordeel.

Inligtingsbates: Enige data oor ons produkte, besigheid of hoe ons ons werksaamhede uitvoer, ongeag hoe dit geskep, versprei, gebruik of bewaar word.

Finansiële bates: Geld en enigiets wat in geld omgeskakel kan word, soos aandele, effekte en bankdeposito’s.

Fisiese bates: Enigiets tasbaars wat die maatskappy besit wat gebruik word om ons besigheid te bedryf (bv. fasiliteite, masjinerie, gereedskap, rekenaars, selfone, grondstowwe, voertuie, kantoortoerusting en voorraad).

Ontasbare bates: Ons reputasie, idees, uitvindings, intellektuele eiendom, ontwerpe, kopiereg, handelsmerke, patente en handelsgeheime. Hierdie bates dra by tot ons innovering en verbetering.

Die volgende riglyne gaan oor ‘n aantal belangrike gebiede waarop ons moet oppas en goeie oordeel moet gebruik.

Om vertroulike besigheidsinligting en inligting in eiendomsbesit, te beskerm

Hoe ons wen

Ons beskerm ons vertroulike besigheidsinligting en intellektuele eiendom want dit gee ons ‘n voordeel in die mark.

Ons bring die toekoms nader en wen vir ons klante deur idees te ontwikkel en tegniese kundigheid te gebruik wat andere nie het nie. Ons vertroulike besigheidsinligting en intellektuele eiendom is belangrike besigheidsbates wat ons van mededingers onderskei. Ons moet dit teen ongemagtigde bekendmaking of misbruik beskerm.

Hoe dit lyk om te wen

Ons beskerm ons vertroulike inligting en inligting in eiendomsbesit deur die volgende:

  • Deur hierdie inligting slegs met mense te deel wat gemagtig is en ‘n besigheidsrede het om dit te moet weet
  • Deur vertroulike sake nie te bespreek wanneer daar ‘n risiko is dat ons afgeluister kan word nie
  • Deur buite die werkplek te verseker dat dokumente en elektroniese toestelle nie vir andere sigbaar is nie
  • Deur nooit vertroulike inligting vir ons eie persoonlike voordeel te gebruik of te gebruik om iemand buite Johnson Controls te bevoordeel nie
  • Deur te onthou dat die verpligting om die maatskappy se vertroulike inligting te beskerm, voortduur nadat ons die maatskappy verlaat het

Hoe vertroulike inligting lyk

Voorbeelde van vertroulike besigheidsinligting sluit in:

  • Handelsmerke, patente, handelsgeheime en ander intellektuele eiendom
  • Niepublieke finansiële inligting of vooruitskattings
  • Planne oor nuwe produkte of promosies
  • Navorsing en ontwikkeling van idees of inligting
  • Vervaardigingsprosesse
  • Omvattende verkrygingsinligting
  • Salarisinligting en ander persoonlike data
  • Lyste werknemers en interne organisasiekaarte
  • Inligting oor potensiële verkrygings, vervreemding en beleggings
  • Regsmenings en werkproduk
  • Enige ander inligting wat vir mededingers nuttig kan wees

DINK EERS

V:

Gisteraand het ek aandete gehad met ‘n ou skoolvriendin wat vir ‘n plaaslike ingenieursfirma werk. Ons het daaroor gesels dat ons albei trots is dat ons maatskappye op innovering gefokus om praktiese probleme op te los. Ek vertel toe vir haar van ons jongste produkte wat nog ontwikkel word, en hoe die produk klante se probleme sal oplos. Nou wonder ek of ek nie dalk te veel vertel het en die maatskappy se idees en eiendom moontlik in gevaar gestel het nie.

A:

Jy is reg om bekommerd te wees. Hoewel u vriend nie ‘n direkte mededinger is nie, is dit steeds belangrik om baie versigtig te wees wanneer u enige maatskappyinligting wat nie publiek bekend is nie, bekend te maak. Ons intellektuele eiendom, handelsgeheime en ander vertroulike idees en inligting is noodsaaklike bates waarvan ons mededingende voordeel afhanklik is. Indien u vermoed dat u per ongeluk niepublieke inligting oor die maatskappy se produkte bekend gemaak het, kontak die nakomingsafdeling of regsafdeling vir bystand.

Ons gebruik maatskappytegnologie en inligtingstelsels verantwoordelik

Hoe ons wen

Ons gebruik Johnson Controls se tegnologie en inligtingstelsels verantwoordelik om doeltreffend te kan werk en ons besigheidsdoelwitte te behaal.

Om as één span vir ons klante te werk, sou onmoontlik wees sonder die stelsels en tegnologie waarop ons elke dag staatmaak. Skootrekenaars, mobiele toestelle, e-pos en die infrastruktuur wat dit ondersteun, stel ons in staat om produktiewer te werk, doeltreffender te kommunikeer en ons klante beter te bedien. Dit help ons om tydig die inligting wat ons nodig het om te innoveer en voortdurend te verbeter, te kry. Onvanpaste gebruik kan egter ons hulpbronne dreineer, ons sekuriteit in gevaar stel en ons handelsmerk en reputasie skaad.

Hoe dit lyk om te wen

Ons gebruik ons tegnologie en stelsels veilig en toepaslik deur die volgende:
  • Deur slegs toegang tot die stelsel te verleen aan gemagtigde persone en slegs vir so lank as wat nodig is
  • Deur aan gemagtigde gebruikers slegs toegang tot stelsels en data te gee wat nodig is om hul werk te verrig
  • Deur wagwoorde te beskerm, hulle gereeld te verander, en dit nooit met andere te deel nie
  • Deur vertroulike inligting weg van die internet te hou
  • Deur nie ongeoorloofde sagteware af te laai of verdagte aanhegsels oop te maak nie
  • Deur slegs gemagtigde persoonlike toestelle aan Johnson Controls se netwerke te koppel
  • Deur stappe te doen om hardeware te beskerm teen verlies, skade of diefstal
  • Deur nooit boodskappe te stuur met teisterende of aanstootlike inhoud nie
  • Deur nie onvanpaste webwerwe te besoek nie
  • Deur slegs redelike, toevallige persoonlike gebruik van die maatskappy se toerusting en stelsels te maak
 

Ons beskerm die maatskappy se reputasie

Hoe ons wen

Dit is ons strewe om in alles wat ons doen ‘n reputasie te hê van integriteit en klantgedrewe innovering.

Ons reputasie is een van ons waardevolste bates. Ons bou al meer as 130 jaar daaraan, maar ons kyk altyd na die toekoms. Elkeen van ons moet in ons daaglikse handelinge en besluite besef dat ons verantwoordelik is om Johnson Controls se reputasie te beskerm. As ons met integriteit optree en ons waardes uitleef, sal ons voortgaan om die vertroue van ons werknemers, klante en besigheidsvennote te wen.

Hoe dit lyk om te wen

Ons beskerm ons reputasie deur die volgende:
  • Deur ons kernwaardes uit te leef
  • Deur altyd goeie besigheidsoordeel te gebruik
  • Deur wonderlike ambassadeurs vir Johnson Controls te wees
  • Deur te verseker dat ons besluite en gedrag die maatskappy se goeie naam onderhou

Ons reputasie

n Geskiedenis van 130 jaar is iets om oor trots te wees. Maar moet nooit vergeet dat reputasie bepaal word deur andere se mees onlangse ervaring met ons en hul verwagting van die volgende ervaring met ons nie.

Ons voorkom bedrog

Hoe ons wen

Ons verbintenis tot integriteit beteken dat ons waaksaam is om bedrog, vermorsing en misbruik te voorkom.

Daar is geen plek vir bedrog, vermorsing en misbruik by Johnson Controls nie. Ons verbintenis tot ‘n kultuur van integriteit en vertroue is die veiligste manier om sulke misbruik te voorkom, en om dit te bespeur en te korrigeer wanneer dit plaasvind.

Hoe dit lyk om te wen

Ons voorkom bedrog, vermorsing en misbruik deur die volgende:
  • Deur reis-, vermaak- en ander uitgawes volledig en akkuraat in ons boeke en rekords aan te teken. Raadpleeg die wêreldwye beleid oor rapportering van besigheidsreise, vermaak en werknemeruitgawes.
  • Deur finansiële transaksies behoorlik te klassifiseer en in rekening te bring
  • Deur slegs vir dienste te faktureer wat ons binne die vereiste tyd kan verrig
  • Deur afslag te gee wat ons belowe het
  • Deur alle verkrygingsbeleide na te volg, en slegs goedere en dienste te bestel wat ons nodig het
  • Deur nooit die maatskappy se kontant of kredietkaarte vir niebesigheidsdoeleindes te gebruik nie
  • Deur vir verduideliking te vra as ons onseker is oor rekeningkundige prosedures of regsverpligtinge
  • Deur kommer oor onvanpaste of verdagte aktiwiteite onmiddellik te rapporteer

Ons beskerm ons fasiliteite

Hoe ons wen

Ons hou ons fasiliteite en toerusting beveiligd en veilig teen skade, sodat ons altyd gereed is om ons klante te help wen.

Beveiligde fasiliteite bied ‘n veilige, gemaklike omgewing vir ons mense en beskerm ons toerusting en materiaal teen skade, diefstal of industriële spioenasie.

Hoe dit lyk om te wen

Ons beveilig ons fasiliteite deur die volgende:
  • Deur altyd ons maatskappykentekens te dra en seker se maak dat ander dit ook doen
  • Deur nie deure deur middel van voorwerpe oop te hou of toe te laat dat andere ons deur veilige ingange volg nie
  • Deur nooit ons sleutels, kenteken of alarmkodes aan enigiemand te gee nie
  • Deur deure na kantore en voertuie te sluit
  • Deur lekkasies, gebreekte toerusting of ander onderhoudskwessies onmiddellik aan die bestuur te rapporteer
  • Deur alle brandbeskermings- en veiligheidstoerusting gereelde te inspekteer en te toets
  • Deur vinnig op alle alarms te reageer (selfs ná normale werksure)
  • Deur te voorkom dat ongemagtigde persone by ons fasiliteite inkom, en deur die sekuriteitsafdeling te kontak indien daar ‘n indringer is
  • Deur Johnson Controls se Global Security Operations Center (GSOC) te kontak by +1 414 524 6700 of gsoc@jci.com in die geval van enige sekuriteitskommer of krisis wat ‘n werklike of potensiële risiko vir enige van ons werknemers, fasiliteite of werksaamhede inhou.
  • Deur plaaslike wetstoepassers of nooddienste te bel as daar dreigende gevaar is