Die voorkoming van misbruik in die verskaffingsketting

Ons respekteer en beskerm menseregte

Hoe ons wen

Ons werk hard om ‘n etiese verskafferketting te handhaaf deur slegs met besigheidsvennote te werk wat mense se regte oral waardeer en eerbiedig.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

Ons word gelei deur ons doelwit. Hieronder tel ‘n verbintenis om die regte van mense reg oor die wêreld te respekteer en te beskerm. Ons glo dat die sleutel tot ‘n voorspoedige toekoms is om mense behoorlik te ondersteun. Daarom is ons verbind tot ‘n etiese, deursigtige verskafferketting wat vry is van kinderarbeid, dwangarbeid, slawerny en mensehandel.

Ons was een van die eerste ondertekenaars van die Verenigde Nasies se Global Compact, en ons sien die verband tussen menseregte en volhoubare waarde wat vir die samelewing voordelig kan wees.

Hoe dit lyk om te wen

Dit is ons strewe om menseregte in al ons werksaamhede en die hele verskafferketting te respekteer en te beskerm deur die volgende:

  • Deur veilige, gesonde werksomstandighede by alle Johnson Controls-fasiliteite te bied
  • Deur werknemers se reg om hulself te organiseer en gesamentlik te onderhandel, te respekteer, en nooit teen hul verteenwoordigers te diskrimineer nie
  • Deur billik in die mark te wees, en aan alle wetlike vereistes met oor vergoeding te voldoen of dit te oorskry
  • Deur werknemers toe te laat om slegs soveel uur te werk as wat plaaslike wetgewing toelaat
  • Deur gepaste noulettendheidsondersoeke oor potensiële besigheidsvennote te doen, en deur verkrygingsbeleide na te kom by die keuse van nuwe verkopers (deur diegene te verkies wat nie menseregte skend nie).
  • Deur van verskaffers en verkopers te vereis dat hulle aan ons wêreldwye verskafferstandaarde voldoen
  • Deur aan besigheidsvennote opdrag te gee om nie konflikminerale te koop of te gebruik nie
  • Deur enige menseregte-kommer aan te meld by die regsafdeling of dieintegriteitshulplyn

Vir verdere leiding oor die respek en beskerming van menseregte, lees ons beleid oor menseregte en volhoubaarheid, slawerny en mensehandel, verskafferdiversiteit en konflikminerale.

Om mense voorop te stel: Dis almal verbind

Menseregte gaan oor meer as net om ons verskafferketting dop te hou. Dit gaan oor hoe mense verdien om in die werkplek, in die mark en in ons gemeenskappe behandel te word.

Ons erken die positiewe impak wat ons as ‘n wêreldwye kan hê. Ons verbintenis op hierdie gebied word weerspieël in ons beleid oor menseregte en volhoubaarheid. Die beleid erken baie van die kwessies oor menseregte, insluitend:

  • Veiligheid en gesondheid
  • Werkstoestande
  • Omkopery en korrupsie
  • Respek vir die omgewing
  • Gesonde bestuur
  • Deursigtige rapportering en aanspreeklikheid

DINK EERS

V:

Ek was onlangs by ‘n belangrike verskaffer se fasiliteit in ‘n ontwikkelende land. Sommige van die werkers lyk vir my baie jonk. Dit was twee lang dae, en ek onthou dieselfde gesigte vroeg in die oggend en laat in die aand. Ek weet kinderarbeid en werksureskendings is ‘n probleem in hierdie deel van die wêreld. Hierdie verskaffer het ‘n goeie reputasie en verseker ons dat hulle alle toepaslike arbeidswette navolg. Is dit my verantwoordelikheid om my kommer bekend te maak, of die saak te verwys?

A:

Johnson Controls is ‘n ondertekenaar van die VN se Global Compact en is ‘n voorstander van menseregte oor die algemeen, en daarom duld ons nie die indiensneming van kinders of ander arbeidsmisbruik nie. Indien u vermoed dat daar dalk arbeids- of menseregteskendings by een van ons verskaffers bestaan, moet u u kommer aan die bestuur, nakomingsafdeling of die integriteitshulplyn bekend maak sodat dit ondersoek kan word.