Privaatheid van werknemerbesonderhede

Privaatheid van werknemerbesonderhede

Hoe ons WEN

Ons beskerm die persoonlike inligting van ons werknemers, kandidate, verskaffers en klante.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Johnson Controls moet persoonlike inligting inwin, stoor, gebruik en deel om ons te help om die besigheid te bedryf. Ons benodig hierdie persoonlike inligting vir verskillene doeleindes, insluitend ons sakeverhoudings met klante en verskaffers, die administrering van werknemervoordele en nakoming van wetlike vereistes. Johnson Controls respekteer ‘n persoon se reg op privaatheid. Persoonlike inligting in die verkeerde hande kan gebruik word om individue te identifiseer, identiteite te steel of bedrog te pleeg. As Een Span sien ons na mekaar om – in die werkplek en aanlyn.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons beskerm persoonlike inligting deur:

  • die insameling, prosessering en gebruik van persoonlike inligting slegs vir gewettigde sakedoeleindes te gebruik en deur slegs dit in te samel wat daarvoor benodig word
  • Oop en deursigtig te wees oor hoekom en hoe persoonlike inligting ingesamel, geprosesseer en gebruik word
  • Nooit méér inligting te deel as wat benodig word nie, of om dit te deel met enigeen wat glad nie die sakebehoefte het om dit te weet nie
  • Persoonlike inligting wat ons beheer te beskerm en veilig daarvan ontslae te raak wanneer dit nie langer vir die oorspronklike doel benodig word nie.
  • Alle toepaslike privaatheidswette en ons Privaatheidsbeleid na te kom

 

DINK EERS

V:

n Vriendin in my span het onlangs ‘n baba gehad. Ons spanleier wil blomme stuur namens die maatskappy en ek dink dit is ‘n goeie idee. Sedert hy weet dat ons vriende is en naby mekaar woon, het hy vir my vriendin se huisadres gevra. Ek voel ongemaklik om vir hom die huisadres te gee sonder om eers vir my vriendin se toestemming te vra. Maar ek wil nou ook nie die verrassing bederf nie, dus wat moet ek doen?

A:

Ons neem die beskerming van persoonlike inligting ernstig op, of dit nou aan werknemers, klante of ander besigheidsvennote behoort. Ons het almal die verantwoordelikheid om dit te beskerm en net toe te laat dat dit gebruik word vir gepaste doeleindes en deur mense wat die magtiging het om dit te gebruik. Om persoonlike besonderhede in die verkeerde hande te laat beland kan slegte gevolge hê, en kan potensieel indentiteitsdiefstal en ander misdade tot gevolg hê. Sê vir jou spanleier dat jy sal verkies dat hy die reëlings tref in oorleg met julle span se Menlike Hulpbronvennoot.