Ondersoek integriteit en etiese opsporing van mededingende intelligensie

Om slim sake te doen

HOE ONS WEN

Ons hou onsself op hoogte van markneigings en -geleenthede deur etiese navorsing.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Die monitering van ontwikkelings in ons markte om die mededingende landskap te verstaan, help ons om voortdurend te verbeter en ons klante se behoeftes te antisipeer. Ons plaas integriteit eerste en samel inligting oor mededingers altyd eties in.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons samel mededingende intelligensie gepas in deur:

  • Eerlik te wees oor ons identiteit wanneer ons navrae doen
  • Nie derde partye te gebruik vir handelinge wat ons nie self sal doen nie
  • Nie vir kollegas (of voornemende werknemers) te vra vir vertroulike inligting oor hulle vorige werkgewers nie

DINK EERS

V:

Ek werk in sake-ontwikkeling en ek is in die proses om ‘n tendervoorstel vir ‘n groot projek te onderhandel en te finaliseer. Vandag het ek ‘n e-pos ontvang van ‘n voornemende klant se verkrygingsbestuurder en, per ongeluk, het sy ons mededinger se voorstelle aangeheg in plaas van my prysvoorstel. Ek het opgemerk dat die mededinger se prys 25 persent laer was as ons aanbod. Ek wil ons tenderprys verlaag om die mededinging te wen. Kan ek dit doen?

A:

Nee. Ons waarde van Integriteit Eerste vereis van ons om mededingende intelligensie wettig en eties in te samel. Om hier voordeel te trek uit die klant se fout sal hulle vertroue ondermyn. Indien dit ooit in die openbaar bekend sou word dat ons voordeel uit ‘n klant getrek het op hierdie manier, kan dit ons reputasie vir eerlikheid en billik sake doen op die spel plaas en ons kan selfs die kontrak verloor. In plaas daarvan om hierdie inligting te gebruik moet jy die klant inlig oor die fout en vir haar sê dat jy die e-pos en aanhangsel sal uitvee. Jy moet ook die Regsafdeling oor die fout in kennis stel om gepaste dokumentasie te verseker en voortgaan om op die sterk punte van jou oorspronklike voorstel te fokus. Onthou, ‘n goeie wenk vir hoe mededingende intelligensie hanteer moet word, is om te dink hoe dit sou voel as ‘n mededinger dit aan ons sou doen.