Privaatheid van klantbesonderhede

Die behoud van die klant se vertroue

HOE ONS WEN

Ons beskerm die persoonlike inligting wat ons klante aan ons toevertrou.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Om klantgerig te wees bestaan uit meer as die nakoming van beloftes en die voldoen aan verwagtings. Die kern gaan daaroor om die klant se vertroue te wen deur te wys dat ons na hulle, sowel as ons eie, belange omsien. Vertroulike inligting is vir die klante net so belangrik as vir ons; die ongemagtigde gebruik of openbaarmaking daarvan kan ernstige finansiële en reputasieskade inhou. Ons tref maatreëls om die vertroulike inligting wat aan ons toevertrou is, te beskerm.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons behou klantvertroue deur:

  • Met klante se vertroulike inligting net so versigtig te wees as met ons eie
  • Gepaste sekerheidsmaatreëls in te stel om klante se inligting te beveilig
  • Klante se vertroulike inligting net beskikbaar te stel aan diegene wat daartoe gemagtig is en ‘n besigheidsrede het om dit te weet
  • Vertroulike klantinligting met niemand buite ons maatskappy te deel nie tensy die klant toestemming gegee het
  • Aan te neem dat inligting vertroulik is tensy en wanneer ons anders bevestig
  • Toepaslike privaatheidswette en ons eie Privaatheidsbeleid na te kom
  • Die Nakomingspan of die Regsafdeling onmiddellik te laat weet indien ons weet of vermoed dat klantinligting onbewustelik op enige manier verkeerd hanteer is

DINK EERS

V:

Gedurende die 10 jaar by Johnson Controls het ek met baie groepe gewerk en sterk verhoudings regoor die maatskappy gevorm. n Vriend van my het my onlangs gevra om vir hom ‘n lys met klante se e-posadresse te stuur sodat hy ‘n nuwe diens beter kan bemark. Ek weet ons is Een Span en ek wil my vriend help; ek is net nie seker of ek hierdie inligting moet deel nie, selfs nie intern nie. Hoe moet ek hierdie versoek hanteer?

A:

Om as Een Span te werk beteken om maniere te vind om regoor ons organisasie saam te werk, en dit beteken ook die deel van verantwoordelikhede om ons wetlike en etiese verpligtinge na te kom. Dit sluit die verpligting in om klantinligting te beskerm, waarvan baie vertroulik is. Indien sulke inligting vrygestel word sonder toestemming kan dit potensieel in die verkeerde hande beland en ‘n risiko vir die klant en ons reputasie inhou. Moenie die gevraagde inligting deel nie en herinner jou vriend daaraan dat klante op ons staatmaak om hulle inligting slegs te gebruik vir die doeleindes waarvoor hulle dit gegee het; ons benodig hulle toestemming voordat ons dit vir ander doeleindes gebruik.