Politieke aktiwiteit en stemming maak

Ons neem deel aan politieke proses

Hoe ons wen

Ons ondersteun ‘n billike politieke proses, doen voorspraak vir ons besigheidsbeleid en moedig ons werknemers aan om aktief betrokke te wees.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

Ons glo dat aktiewe deelname aan ‘n regverdige politieke proses ‘n gesonder samelewing bevorder. As maatskappy praat ons met beleidsmakers oor kwessies en kommer wat vir ons besigheid en ons klante belangrik is. Ons moedig werknemers aan om plaaslik aan politiek deel te neem. Johnson Controls perk egter die gebruik van maatskappyhulpbronne om politieke kandidate te ondersteun, oor die algemeen in. Die maatskappy se Political Action Committee (PAC) word befonds deur werknemers se vrywillige bydraes, en ondersteun kandidate in die VSA wat dit eens is met die maatskappy se beleidsposisie.

Hoe dit lyk om te wen

Ons neem verantwoordelikheid in politieke prosesse deur die volgende:

  • Deur individuele werknemers aan te moedig om aan politiek deel te neem en te stem, maar met hul eie tyd en geld
  • Deur geskikte werknemers aan te moedig om vrywillig by te dra tot die Johnson Controls PAC
  • Deur nie Johnson Controls se naam te gebruik om ‘n spesifieke politieke party te bevorder nie
  • Deur nooit te probeer om enige regeringsagentskap, verteenwoordiger of wetgewer onbehoorlik te beïnvloed nie
  • Deur verkieslik nie maatskappyhulpbronne te gebruik om politieke kandidate of verkose beamptes te ondersteun nie
  • Deur aan alle toepaslike wette, voorspraak- en bekendmaking-vereistes te voldoen, asook ons Beleid ten opsigte van politieke bydraes

DINK EERS

V:

Ek werk tans as vrywilliger by vir ‘n plaaslike politikus wat stemme werf. Ek is gevra om ‘n banier te maak vir ‘n komende veldtoggebeurtenis, en ek het ‘n groot werkruimte nodig om dit te voltooi. Ek sou graag ons kantoor se konferensiekamer daarvoor wil gebruik. Ek sal slegs my eie materiaal gebruik en net aan die banier werk nadat my dag se werk vir Johnson Controls klaar is. Ek sal ook seker maak dat niemand anders die kamer vir maatskappybesigheid nodig het nie. Word dit toegelaat?

A:

Johnson Controls respekteer almal se reg om by politieke proses betrokke te wees. Ons is trots as ons werknemers hul tyd en geld vrywillig gee om hul politieke oortuigings en voorkeurkandidate te ondersteun. Johnson Controls laat egter nie toe dat die maatskappye se hulpbronne (insluitend kantoorruimte) gebruik word om ‘n spesifieke kandidaat te ondersteun nie. Ons moet voorkom dat dit lyk of ons spesifieke politici of politieke partye bevorder. Die gebruik van die konferensiekamer sal dus nie toegelaat word nie.