Verskaffersverwagtinge

Ons bevorder ons wêreldwye verskafferstandaarde

Hoe ons wen

Ons verwag van ons verskaffers dat hulle dieselfde hoë standaarde handhaaf as onsself – en altyd met integriteit.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

Ons glo daarin dat ons met integriteit moet optree, respek moet toon en ons verpligtinge moet nakom. Ons verwag presies dieselfde van almal wat met ons wil besigheid doen. Ons wêreldwye verskafferstandaarde sit hierdie verwagtinge uiteen. Ons verskaffers moet van hierdie standaarde bewus wees en dit navolg om te verseker dat hulle op ‘n etiese, verantwoordelik wyse met ons saamwerk en help om Johnson Controls se reputasie te behou.

Hoe dit lyk om te wen

Ons handhaaf hoë standaarde en etiese gedrag in ons verskafferketting deur die volgende:

  • Deur duidelik te wees teenoor verskaffers oor ons vereistes, m.a.w. wat ons verlang en hoe dit gelewer moet word
  • Deur deursigtig en regverdig te onderhandel
  • Deur te verseker dat ooreengekome bepalings volledig en akkuraat vasgelê word in kontrakte, bestellings en ander dokumente
  • Deur ons waardes en filosofie van besigheid doen duidelik te stel en dit in ons kontrakte te laat weerspieël
  • Deur ons wêreldwye verskafferstandaarde konsekwent in alle verskaffersverhoudings toe te pas
  • Deur aan verskaffers hulpbronne en bykomende leiding te gee met verduideliking oor verwagtinge