Diversiteit en insluiting

Die heg van waarde aan ons diverse talente, agtergronde en perspektiewe

HOE ONS WEN

Ons maak die meeste van ons diverse talente, agtergronde en perspektiewe vir uitsonderlike insigte en innovering.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Johnson Controls trek, ontwikkel en bemagtig individue met ‘n wye omvang van ervarings, vermoeëns en menings. Die heg van waarde aan wat elkeen van ons uniek maak, verbreed ons perspektiewe en stimuleer nuwe idees. Ons diversiteit laat ons toe om ons probleme meer kreatief op te los, meer deurdagte besluite te neem en geleenthede meer proaktief te identifiseer. Wanneer almal voel dat hulle kan bydra tot en kan deelneem aan ons sukses, dan trek ons werknemers, klante en beleggers almal voordeel daaruit.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons bewerkstellig ‘n diverse en inklusiewe kultuur deur:

  • Aktief te soek na alternatiewe menings en benaderings
  • Met respek na ander te luister sodat ons gedagtes en idees wat anders as ons s’n is kan oorweeg en voordeel daaruit trek.
  • Mense billik te behandel en gelyke geleenthede aan werknemers te gee, gebaseer op hulle kwalifikasies en vaardighede.
  • Terugvoering van andere te vra en ontvanklik te wees daarvoor

DINK EERS

V:

Ek is een van slegs drie vroue in my span. In weeklikse spanvergaderings is dit redelik duidelik dat my manlike toesighouer die idees en menings van my manlike kollegas verkies, en hy ondermyn my en die ander vroue soms openlik. Ons voel verkleineer en dat ons nie die kans kry om te bewys wat ons kan doen nie. Ek is bevrees dat om die saak met my toesighouer te bespreek slegs sy vooroordele teenoor vroue sal bevestig. Hoe kan ek ‘n verandering bewerkstellig wat almal in die span sal toelaat om by te dra?

A:

By Johnson Controls bevorder ons ‘n diverse en inklusiewe omgewing waarin almal kan bydra tot ons sukses. Enige vorm van geslagsvooroordeel weerspieël nie ons waardes nie en ook nie die kultuur wat ons wil skep nie. Oorweeg dit om aan jou toesighouer vir spesifieke redes te vra hoekom jou idees nie oorweeg word nie. As dit nie die saak oplos nie, praat met ‘n meer senior bestuurder of gebruik enige van die ander beskikbare bronne om bekommernisse aan te meld, soos om met Menslike Hulpbronne te praat of deur die Integriteitshulplyn te skakel.