Nakoming van regeringskontrakte

Eerbiedig spesiale verpligtinge teenoor ons regeringsklante

HOE ONS WEN

Ons beskou dit as ‘n voorreg om ons regeringsklante te bedien en doen moeite om ons spesiale verpligtinge teenoor hulle na te kom.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Ons is klantgerig. Ons erken dat regeringsklante dikwels ander vereistes het as klante in die private sektor. Ons moet goed op hierdie vereistes let en dit presies navolg. Dit sal verseker dat ons fokus op dit wat belangrik vir ons klante is en boetes vermy wat ons besigheid of reputasie skade kan berokken.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons toewyding om regeringsklante te bedien wys ons deur:

  • Bekend te wees met die kritieke vereistes van ons regeringskontrakte
  • Die nakoming van alle toepaslike wette vir kontrakte met regerings en vir die uitvoer van produkte of data, asook van ons Federale Regering se kontrakbeleid.
  • Die reëls te volg wanneer ons huidige of vorige regeringswerknemers aanstel of met hulle werk
  • Presies te weet hoe en wanneer om te reageer op regeringsversoeke vir inhoud
  • Bedag te wees op inligting wat geklassifiseer is of ander spesiale beperkings het
  • Te verseker dat elke dokument of kommunikasie akkuraat en eerlik is
  • Waar benodig, huidige, akkurate en gesertifiseerde koste- of prysinligting te gebruik wanneer voorstelle ingedien word
  • Die ontvangs van ongemagtigde inligting oor ons mededingers te vermy

HOEKOM REGERINGSKONTRAKTE SPESIALE VEREISTES HET

Die regerings van lande wat ons bedien het wette wat ontwerp is om te help verseker dat: openbare geld gepas bestee word; regeringsaankope en kontrakteringsprosesse deursigtig, eerlik, verantwoordelik en konsekwent bestuur word; en dat nasionale sekerheid en die openbare belang beskerm word.

Baie van ons regeringskontrakte is met die Federelae Regering van die Verenigde State. Voorbeelde van wette en regulasies wat komplekse en streng vereistes op hierdie kontrakte plaas, sluit in:

  • Federal Acquisition Regulation (FAR)(Federale verkrygingsregulasie) wat die manier waarop regeringsagentskappe goedere en diense aankoop of huur, beheer
  • Defense Federal Acquisition Regulation Supplement (DFARS) (Federale verkrygingsregulasiebylaag vir verdediging) hanteer die verdedigingsbedryf se verkrygingsbehoeftes
  • International Traffic in Arms Regulations (ITAR) (Internsasionale handel in wapens-regulasies) beheer die uitvoer en invoer van verdedigingsverwante artikels en dienste

DINK EERS

V:

Ek bestuur die verkryging vir die Federale Regeringskontrakte Ek het sopas ontdek dat, ‘n paar maande gelede, ‘n verskaffer ‘n klein verandering aangebring het aan die spesifikasie van ‘n komponent wat in produkte gebruik word wat aan regeringsklante verkoop word. Die verskaffer het my meegedeel dat ons nie oor die verandering ingelig is nie omdat dit so klein was en, bes moontlik, die komponent verbeter het. Ek is egter bekommerd dat onlangse verskepings na ons klante nie die relevante regeringskontrakte nakom nie weens hierdie verandering.

A:

Jy is reg om bekommerd te wees. Wanneer ons met regeringsklante werk moet ons die kontrakvereistes presies nakom. Indien ons dit nie doen nie – selfs op ‘n manier wat nietig en sonder gevolge lyk, of selfs ‘n verandering wat ons dink die item vebeter – kan die gevolglike skending van die kontrak nie net lei tot finansiële straf nie maar, potensieel, ook tot die risiko om onthef te word van regeringswerk, of selfs verbied word om regeringswerk te doen. Die saak moet onmiddellik aan die Regsafdeling gerapporteer word vir advies oor hoe om voort te gaan, want dit mag openbaarmaking aan die regering vereis.