Respekvolle behandeling, voorkoming van teistering en boelie in die werkplek

Die bevordering en handhawing van ‘n respekvolle werkplek

HOE ONS WEN

Ons behandel andere met respek en bevorder daardeur ‘n positiewe werkomgewing waarin ons floreer as Een Span.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Ons werk saam as Een Span en gaan met mekaar om op maniere wat onderlinge vertroue en respek bevorder. Dit beteken professionele optrede, om openlik en met respek met andere te praat en om mekaar te ondersteun waar ons ook al kan. Op hierdie manier help elkeen van ons om ons kultuur van uitnemendheid en integriteit te vorm en te versterk. n Werkplek wat elkeen se beste pogings stimuleer en ondersteun is ‘n wen-werkplek.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons handhaaf ‘n respekvolle werkplek deur:

  • Vertroue met kollegas en vennote te bou
  • Te luister om te verstaan
  • Geleenthede vir samewerking en deel te soek tot voordeel van die span
  • Vooruit te dink oor hoe ons woorde en dade deur andere geïnterpreteer kan word
  • Op te staan teen enige soort boeliegedrag of teistering en hulp te soek wanneer nodig
  • Onvanpaste grappe, beledigings of ander aanvallende opmerkings oor ras, geslag, kleur, godsdiens, ouderdom, nasionale herkoms, gestremdheid, seksuele oriëntasie of ander eienskappe wat deur die wet beskerm word, te rapporteer
  • Nooit onwelkome seksuele opmerkings of toenaderings, of die vertoon van materiaal wat ander as beledigend kan ervaar, te maak, te doen of te duld nie
  • Enige onvanpaste gedrag, of dit jou of iemand anders teiken, te rapporteer

DINK EERS

V:

My nuwe toesighouer is baie nuuskierig en ekstrovert. Sy het my allerhande ondersoekende vrae gevra oor my persoonlike lewe, wat my ongemaklik maak. Sy mag miskien dink sy is vriendelik, maar haar gespreksonderwerpe laat my verleë voel. Ek het haar gevra om daarmee op te hou, maar sy het gesê ek is te gespanne en hardop gewonder of ek enigsins in die span pas. Ek wil nie op ‘n slegte voet met my toesighouer begin nie, maar sy maak my senuweeagtig. Wat kan ek doen?

A:

Hierdie toesighouer se gedrag is ongevraag en onaanvaarbaar en daar is nie plek vir sulke gedrag by Johnson Controls nie. Indien jy gemaklik daarmee is, sê vir jou toesighouer hoe sy jou laat voel en vra haar om daarmee op te hou. Indien jy nie jou toesighouer weer wil konfronteer nie kan jy met ‘n meer senior bestuurder praat of met jou Menslike Hulpbronne-verteenwoordiger, of skakel die Integriteitshulplyn. Enige van hierdie opsies sal ons help om die saak op te los. Jy sal beskerm word teen enige weerwraak.