Verantwoordelike kommunikasie

Ons bou vertroue en reputasie deur verantwoordelike kommunikasie

Hoe ons wen

Ons versterk ons handelsmerk en belanghebberverhoudings deur deurdagte, akkurate, konsekwente kommunikasie en verantwoordelike interaksie op sosiale media.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

Ons kommunikeer na waarheid, akkuraat en konsekwent met klante, beleggers en ander belanghebbers. Dit is noodsaaklik om ‘n besigheid te bou wat gegrond is op vertroue, langtermyn-verhoudings en gemeenskaplike waarde, in plaas van blote transaksies. Ons onthou dat ons almal ambassadeurs is vir die Johnson Controls-handelsmerk. Ons spreek ons waarde in die mark uit en handhaaf ons reputasie deur sosiale media verantwoordelik te gebruik en deur kollegas wat magtiging het, die eksterne navrae te laat hanteer.

Hoe dit lyk om te wen

Ons versterk ons handelsmerk en verhoudings deur die volgende:

  • Deur ons kommunikasiebeleid na te volg wanneer ons eksterne navrae hanteer of op sosiale media betrokke raak
  • Deur slegs inligting namens Johnson Controls te kommunikeer indien ons daartoe gemagtig is
  • Deur hoflik en professioneel in ons aanlyn uitlatings op te tree
  • Deur te onthou dat ons aanlyn aktiwiteit, selfs buite die werkplek, vir Johnson Controls kan help of skaad
  • Deur ons menings duidelik as ons eie te identifiseer, tensy ons gemagtig is om namens Johnson Controls te praat
  • Deur nooit vertroulike inligting of inligting in eiendomsbesit bekend te maak nie (bv. oor ons maatskappy, klante of ander besigheidsvennote)
  • Deur nie interne werknemerkommunikasie bekend te maak nie (bv. algemene e-posse of portaalrapporte)
  • Deur nooit onwettige inhoud te plaas of iets te plaas wat redelikerwys andere beledig of bedreig kan laat voel nie
  • Deur nie toe te laat dat sosialemedia-aktiwiteite met ons werkverantwoordelikhede by Johnson Controls inmeng nie

Ons verbind, kommunikeer en leer deur sosiale media

Sosiale media is ‘n kragtige hulpmiddel wat Johnson Controls in ‘n kits aan ons klante, gemeenskappe en belanghebbers van reg oor die wêreld verbind. Daardeur kan ons ons verhoudings versterk en aan ons handelsmerk bou. Baie van ons gebruik sosiale media in ons persoonlike lewens, om op hoogte van sake te bly en met familie en vriende in kontak te bly. Ons kan die risiko dat iets verkeerd vertolk word of buite konteks gelees word, beperk deur oordeelkundig te wees oor ons aanlyn teenwoordigheid, en na te dink oor dinge wat ons plaas.

DINK EERS

V:

Ek volg een van my kollegas op sosiale media. Soms plaas hy inhoud wat na die maatskappy se leierskap op ‘n negatiewe manier verwys. Sy profiel identifiseer homself duidelik as ‘n Johnson Controls-werknemer. Ek weet hy het die reg het om sy persoonlike mening openlik uit te druk, maar iets voel vir my nie reg nie. Skend hy enige van ons beleide of riglyne?

A:

Nee, u kollega skend nie enige van ons beleide of riglyne nie. Hy mag sy persoonlike opinie oor die maatskappy uitspreek, maar dit kan dalk beter wees om dit op ‘n minder publieke plek te doen. Sosiale media bied nuwe, verreikende maniere om te kommunikeer, maar die beginsels van goeie oordeel geld net soos by tradisionele kommunikasie. Werknemers moenie hul menings voorstel as dié van die maatskappy nie, tensy hulle gemagtig is om dit te doen. Hulle moenie vertroulike, niepublieke inligting bekend maak nie. Hulle moenie dinge sê wat kwetsend of teen die wet is nie.