Botsing van belange

Ons tree op in die maatskappy se belang

HOE ONS WEN

Ons neem slim, objektiewe besluite wat die maatskappy en ons klante voorop stel.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Ons werk saam om vir ons klante te wen. Ons laat nie toe dat persoonlike belange of verhoudings in die pad staan van wen as één span nie. Ons neem besluite openlik, nadenkend en met integriteit; dit is tot voordeel van ons besigheid en wys vir almal dat ons vertrou kan word om die regte ding te doen.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons tree in die belang van die maatskappy op deur die volgende:

  • Deur onbevooroordeelde besigheidsbesluite te neem wat gegrond is op relevante feite en goeie oordeel
  • Deur situasies te vermy waarin ‘n besluit moontlik beïnvloed kan word (of waar dit kan lyk of dit beïnvloed word) deur teenstrydige
    belange (bv. ‘n potensiële persoonlike voordeel)
  • Deur ‘n belangebotsing wat nie vermy kan word nie, bekend te maak, sodat dit behoorlik hanteer kan word
  • Deur advies te probeer kry wanneer ons onseker is of daar ‘n probleem is

WAT IS ‘N BELANGEBOTSING?

n Belangebotsing bestaan wanneer daar ‘n risiko is dat sosiale of familieverhoudings, aktiwiteite buite die werkplek, finansiële beleggings of ander persoonlike belange kan inmeng met ons vermoë om onbevooroordeelde besluite namens die maatskappy te maak. Ons moet versigtig wees om selfs die voorkoms van ‘n belangebotsing te vermy, aangesien dit andere kan laat dink dat ons onbehoorlik optree.

VRA USELF AF:

Kan my voorgestelde besluit of optrede…:

  1. My verplig teenoor iemand anders laat voel?
  2. Teenstrydig met Johnson Controls se waardes wees?
  3. Beïnvloed word (selfs ‘n bietjie) deur persoonlike of familieoorwegings?
  4. Die voorkoms gee dat ek nie die maatskappy se belange voorop stel nie?

Indien die antwoord op enige van hierdie vrae “ja” of “miskien” is, is dit belangrik om advies te kry by die hulpbronne wat HIER genoem word. Indien u vermoed dat u ‘n belangebotsing het, moet u dit bekend maak by ComplianceForms.jci.com.

Belangebotsings kan baie vorms aanneem. Die volgende riglyne dek sekere van die meer algemene situasies. Kyk ook ons beleid oor belangebotsings..

FAMILIE EN VRIENDE

Ons laat nie toe dat die begeerte om vriende en familie te help, ons besluite by die werk beïnvloed nie.

Ons vermy die risiko dat persoonlike verhoudings ons objektiwiteit beïnvloed, deur die volgende:

  • Deur nie nabye vriende en familielede aan mekaar te laat rapporteer of in dieselfde afdeling te laat werk nie, hetsy as werknemers, proefwerkers of kontrakteurs
  • Deur indiensname-verwante besluite wat oor nabye vriende en familielede gaan, deur andere te laat hanteer (bv. indiensneming, bevordering en dissipline)
  • Deur stappe te doen om deursigtigheid en onafhanklikheid te verseker wanneer nabye vriende of familielede as potensiële Johnson Controls-diensverskaffers oorweeg word
  • Deur sorgvulding na te dink oor besluite om voormalige Johnson Controls-werknemers as konsultante, kontrakteurs of verskaffers te gebruik

PERSOONLIKE EN FAMILIEBELEGGINGS

Ons besluite word nie beïnvloed deur die vooruitsig van finansiële wins vir onsself of ons familielede nie.

Ons hou persoonlike finansiële oorwegings buite besigheidsbesluite deur die volgende:

  • Deur nie ‘n beduidende* finansiële belang in ‘n besigheid te besit wat aan Johnson Controls verbind is of met Johnson Controls meeding nie
  • Deur aan die nakomingsafdeling bekend te maak wanneer ‘n nabye familielid by ‘n besigheid wat aan Johnson Controls verbind is of met Johnson Controls meeding, werk, of ‘n beduidende* finansiële belang daarin besit

* Vir leiding oor ‘n vraag of ‘n finansiële belang beduidend is, raadpleeg die nakomingsafdeling.

GESKENKE EN GASVRYHEID

Ons verkry besigheid en bou verhoudings op grond van vertroue en wedersydse waarde – nooit deur onvanpaste geskenke of gasvryheid nie.

Ons vermy potensiële botsings oor die géé van geskenke en gasvryheid deur die volgende:

  • Deur redelike maaltye en vermaak te bied, slegs as deel van besigheidsbesprekings, en slegs as dit nie die ontvanger se maatskappy se beleid oortree nie
  • Deur nie geskenke of vermaak te gee of te ontvang met die bedoeling om die ontvanger se gedrag te beïnvloed nie
  • Deur geskenke van slegs nominale waarde aan mense met wie ons besigheid doen of wil doen, te gee
  • Deur nooit geskenke van kontant of kontantekwivalente te gee nie
  • Deur geskenke of vermaak aan regeringsklante te gee slegs indien dit toegelaat word en deur die nakomingsafdeling vooraf goedgekeur is
  • Deur vir ‘n derde party se redelike reis- en verblyfuitgawes te betaal, in
    ooreenstemming met ons beleid, en slegs indien vooraf goedgekeur
  • Deur te verseker dat alle geskenke, vermaak en reis wat gebied word, wettig en eties is en nie in stryd is met ons waardes nie

Ons vermy potensiële botsings oor die ontváng van geskenke en gasvryheid deur die volgende:

  • Deur geskenke van slegs nominale waarde te aanvaar
  • Nie-aanvaarding van geskenke van kontant of kontant-ekwivalente
  • Deur nie reiskoste van derde partye te aanvaar nie
  • Deur ons aanvaarding van vermaak te beperk tot atletiek-, teater- of kulturele gebeurtenisse (bv. sportgeleenthede, gholfuitstappies of konserte) of maaltye
  • Deur vriendelik te weier om enige reisgeld, geskenke of vermaak te aanvaar wat teenstrydig is met ons beleid oor geskenke en vermaak

DINK EERS

V:

Ons span tender vir ‘n groot kontrak, en ons verwag om baie binnekort die uitslag te hoor. Ek woon tans ‘n kongres by en ‘n belangrike besluitnemer van die voornemende klant sal ook daar wees. Mag ek hom vir aandete nooi om ‘n gesprek oor Johnson Controls met hom te hê?

A:

Dit word nie aanbeveel nie, want dit kan gesien word as ‘n poging om die klant onbehoorlik te beïnvloed. Om integriteit voorop te stel beteken om dit vir klante maklik te maak om ons te kies danksy die gehalte van ons produkte en klantediens, en nie omdat ons hulle ‘n waardevolle geskenk gegee het of gasvry ontvang het nie. Aangesien die klant se verkrygingsbesluit baie binnekort is, kan dit maklik geïnterpreteer word as ‘n poging om die besigheidsbesluit onbehoorlik te beïnvloed – en dit is streng verbode. Dit is veral belangrik om tydens die tenderproses versigtig te wees. Indien u kontak nie ‘n staatsamptenaar is nie, sou dit toepaslik wees om hom/haar vir koffie of tee te nooi om die verhouding te bou en om enige vrae te beantwoord wat die voornemende klant moontlik oor Johnson Controls het.

KORPORATIEWE GELEENTHEDE

Ons gebruik die kennis wat in die loop van ons werk opgedoen is, asook die maatskappy se hulpbronne en bates, om ons klante beter te kan help wen. Ons vermy belangebotsings of skade aan ons besigheid deur nie:
  • Besigheids- of beleggingsgeleenthede wat ons in die loop van ons werk ontdek, sélf te benut nie
  • Johnson Controls se eiendom, inligting of ons posisie by die maatskappy vir onbehoorlike persoonlike wins te gebruik nie
  • Direk of indirek met Johnson Controls mee te ding nie

BUITEAKTIWITEITE

Ons probeer elke dag om te vermy dat eksterne werk of ander aktiwiteite ons bydrae tot Johnson Controls se besigheid verhinder. Ons streef daarna om buite die werkplek volle, produktiewe lewens te lei, en nie:
  • Toe te laat dat iets met ons verantwoordelikhede of prestasie by Johnson Controls inmeng nie
  • Vir ‘n mededinger of verskaffer te werk nie
  • Risiko’s te loop om die maatskappy se besigheid of reputasie te skaad nie
  • Die maatskappy se hulpbronne vir buitebelange te gebruik nie (hulpbronne sluit in ander werknemers of verkopers
  • Enige ander soort belangebotsing te laat ontstaan nie

DINK EERS

Q: My onlangse ervaring van huisopknapping laat my vermoed dat ek ‘n afgeleefde ou eiendom kan koop en dit teen ‘n wins kan probeer verkoop – en dalk selfs ‘n makelaarslisensie kan kry. Ek is verbind tot Johnson Controls en dink nie dat my belang in huisopknapping met my werk sal inmeng nie. Kan dit ‘n probleem wees?

A: Ons wil graag hê dat ons mense volle, verrykende lewens buite die werkplek lei. Ons verwag egter van almal om elke dag hul volle aandag en beste werk vir Johnson Controls te gee. U sal moet bepaal of die aansienlike ekstra tyd wat opknapping en die verkoop van huise in beslag gaan neem, dit moeilik sal maak om ‘n gepaste balans tussen persoonlike en werkverantwoordelikhede te handhaaf. Indien u vermoed dat dit moontlik ‘n belangebotsing sou wees, moet u dit bekend maak by ComplianceForms.jci.com.