Produkgehalte en veiligheid

Lewering van uitstaande produkte en oplossings

HOE ONS WEN

Ons fokus op die lewering van die hoogste waarde vir ons klante deur veilige, innoverende produkte en oplossings.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

Ons wil klante hê wat op die lang termyn by ons bly, klante wat vertrou dat ons hulle behoeftes verstaan, antisipeer en beter in hulle behoeftes voorsien as ons mededingers. Ons is nooit selfvoldaan nie, soek altyd vir nuwe en beter maniere om klantgerig te wees. Soos ons voortgaan om te innoveer, kompromiteer ons nooit die gehalte of veiligheid van ons produkte en dienste nie.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons lewer uitnemendheid aan ons klante deur:

  • n Omgewing te skep wat gehalte en innovering vir ons produkte en oplossings bevorder
  • Nooit kortpaaie te neem wat potensieel die gehalte of die veiligheid van ons produkte en oplossings in die gedrang sal bring nie
  • Te vra vir terugvoering van ons klante en daarna te luister
  • Bekommernise oor produkveiligheid of gehalte onmiddellik te rapporteer

DINK EERS

V:

Ek was onlangs betrokke by die herontwerp van ‘n produk. Die proses het langer as ‘n jaar geneem om te voltooi en die resultaat is, wat ons glo, die mees tegnologies gevorderde produk in sy kategorie. Ek is egter bekommerd dat ek moontlik ‘n ontwerpfout geïdentifiseer het wat, in sekere omstandighede, die produk laat kortsluit en ‘n brand kan veroorsaak. Ek het dit aan my bestuurder genoem. Hy het my verseker dat die risiko nietig is en dat ons nie moet raai ná ‘n baie volledige toetsingsproses nie. Dit pla my want iemand kan seerkry. My bestuurder wil die saak nie verder bespreek nie. Met wie kan ek praat?

A:

Veiligheid is ‘n kritieke saak vir ons – wanneer ons produkte ontwerp of bou en na hulle die fabriek verlaat het. Jy moet óf met ‘n senior bestuurder in die Ingenieurspan praat, óf die Nakomingspan, jou plaaslike Gesondheid- en Veiligheidsverteenwoordiger, óf ‘n lid van die korporatiewe Gesondheid en Veiligheidspan skakel óf ‘n verslag indien by die Integriteitshulplyn. Op die manier kan jou bekommernis behoorlik geëvalueer word en ge-eskaleer word indien nodig.