Volhoubaarheid en omgewingsverantwoordelikhede

Ons doen besigheid volhoubaar en op ‘n omgewingsgesonde manier

Hoe ons wen

Ons bou ‘n verbintenis tot ‘n volhoubare wêreld by ons produkte, dienste en daaglikse werksaamhede in.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

Ons glo dat Johnson Controls se doel is om die wêreld veilig, gerieflik en volhoubaar te maak. Ons fokus op die toekoms en op die positiewe impak wat ons vandag kan hê. Die wêreld is interafhanklik, en daarom is dit net so belangrik om ons werksaamhede se omgewingsimpak beperk as om slim omgewings en energieoplossings te ontwikkel. Dit maak ons ‘n beter vennoot vir ons gemeenskappe en ons klante.

Hoe dit lyk om te wen

Ons wys ons verbintenis tot volhoubare oplossings en bedrywighede deur die volgende:

  • Deur volhoubaarheid ‘n belangrike oorweging in produkontwerp te maak
  • Deur geleenthede te identifiseer om ons omgewingsvoetspoor sonder om bedryfsdoeltreffendheid te verloor
  • Deur aktief met belanghebbers om te gaan oor omgewingskwessies
  • Deur aan alle wetlike, regulerende of permitvereistes te voldoen of dit te oorskry
  • Deur Johnson Controls Manufacturing System (JCMS) se wêreldwye standaarde en beste praktyk by ons werksaamhede reg oor die wêreld toe te pas
  • Deur geleenthede te vind om energie, water en ander natuurlike hulpbronne te bewaar
  • Deur afval en afvalwater veilig en voldoenend te bestuur
  • Deur enige ongelukke, insluitend stortings, lekkasies of ongemagtigde aflating tydig by die bestuur te rapporteer en daaraan aandag te gee
  • Deur daagliks persoonlike aksie te onderneem om hulpbronne te verminder, hergebruik en herwin