Eerlike bemarking, verkope en dienspraktyke

Eerlike bemarking en verkope

HOE ONS WEN

Ons praat met vertroue en eerlik oor die waarde wat ons vir klante bring en dit bou vertroue in ons handelsmerk.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Johnson Controls plaas integriteit eerste. Ons belowe eerlikheid en deursigtigheid aan almal met wie ons sake doen. Om besigheid te wen en klante se vertroue te verdien begin met hoe ons ons oplossings in die mark aanbied. Ons wys hoe ons waarde toevoeg op ‘n duidelike en eerlike manier, en ons maak ons beloftes waar.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons bied ons handelsmerk met vertroue en eerlikheid aan deur:

  • Die vermoeëns van ons produkte en dienste akkuraat aan te bied
  • Seker te maak dat bemarkingsmateriaal en kontrakte aan wetlike en regulatoriese vereistes voldoen
  • Te fokus op die voordele van ons oplossings, en nie die mededingers onregverdig te kritiseer nie
  • Hoëdruk-verkooptegnieke en “oorverkoop” te vermy
  • Die regte gesaghebbende te bekom om transaksies te finaliseer en kontrakte te teken
  • Tydig op klantenavrae en -bekommernisse te reageer

DINK EERS

V:

By ‘n onlangse verkopevergadering het my kollega die voornemende koper se tegniese vraag korrek beantwoord, maar, volgens my, nie volledig nie. Ek wou nie my kollega teëpraat in bysyn van die klant nie maar het haar agterna in die taxi uitgevra. Sy het gesê, “Wat ek aan die klant aangebied het was korrek en die bietjie wat ek vergeet het om te noem is nie van belang vir hulle besluit nie. Aangesien hulle gesê het ons is op die kortlys, kan ons dit altyd by die volgende vergadering opklaar.” Ek voel dat ons nie moet wag nie en seker moet maak dat die klant volledig ingelig is.

A:

Jou instink is reg. Wanneer ons ons produkte en oplossings op die mark aanbied moet ons die volledige prentjie skilder sodat klante en voornemende klante ‘n volledig ingeligte besluit kan neem. Om terug te gaan om die punte te verduidelik is ‘n goeie manier om die klant se respek en vertroue te wen. Die klant moet besluit wat belangrik vir hom is. Indien ons iets verkoop wat op ‘n misverstand gebaseer is, loop ons die risiko om nie slegs ‘n sakeverhouding te benadeel nie, maar ook ons reputasie.