Gesondheid en Veiligheid

Om almal veilig te hou

HOE ONS WEN

Ons hou onsself en andere veilig en gesond sodat ons ons volle potensiaal kan bereik.

HOEKOM ONS WAARDES EERSTE PLAAS

Wanneer ons die welsyn van ons mense en besoekers ons topprioriteit maak, wen ons as ‘n span. Niks is belangriker as gesondheid en veiligheid in die werkplek nie; ons Zero Skade Visie en verwante doelwitte hou ons gefokus. Om almal veilig te hou is ‘n gedeelde verantwoordelikheid. Ons sien om na mekaar in ons daaglikse aktiwiteite, om beserings en ongelukke te voorkom en ons neem gepaste stappe wanneer ons enigiets sien wat skade kan berokken. Om goeie veiligheidsgewoontes te beoefen beskerm ons, maak ons werkomgewing meer gemaklik en laat ons toe om te fokus op die lewering van uitsonderlike klantervarings en oplossings.

HOE DIT LYK OM TE WEN

Ons bevorder ‘n kultuur van Zero Skade deur:

  • Alle veiligheidsriglyne en -prosedures te ken en toe te pas
  • Nooit onnodige risiko’s in die werkplek te neem nie of andere te vra om dit te doen nie
  • Onmiddellik met ons werksaamhede te stop as dit onveilig raak, selfs as dit beteken dat die produksie of die werk daardeur vertraag word
  • Altyd onveilige of ongesonde omstandighede of gedrag te rapporteer, soos byvoorbeeld werkplekgevare, gebreekte of vermiste toerusting, dreigemente van geweld of wapens op die maatskappy se eiendom
  • Te weet wat om te doen in geval van beserings of ander noodtoestand
  • Werk toe te kom sonder enige middel wat oordeel kan benadeel of veiligheid in gevaar kan stel

DINK EERS

V:

n Kollega op die produksielyn het my hierdie week twee keer gevra om vir hom in te staan terwyl hy vinnige, ongeskeduleerde pouses geneem het. Sy nuwe medikasie laat hom soms duiselig voel. Ek het vir hom gesê dat ek bekommerd is dat die newe-effekte hom en andere aan risiko kan blootstel. Hy het gesê daar is niks om oor bekommerd te wees nie – hy sou binnekort by die medikasie aangepas het. Moet ek enige optrede onderneem?

A:

Ons is almal verplig om op te tree as ons bewus word van ‘n potensiële gesondheids- en veiligheidsrisiko. Deur dit nie te doen nie oortree jy die Kode. Jy moet jou kollega aanraai om met sy toesighouer te praat, wat ‘n tydelike hertoewysing van pligte kan oorweeg of dit op ‘n ander manier kan akkommodeer. Jy moet vir hom sê dat indien hy die saak nie gaan aanmeld nie, jy en andere verplig sal wees om dit te doen. Ons respekteer almal se reg op privaatheid, maar veiligheid is die belangrikste.