Binnehandel en die misbruik van die effektemark

Ons voorkom binnehandel

Hoe ons wen

Ons gebruik of maak nooit binne-inligting oor Johnson Controls of enige ander maatskappy bekend om op die aandelemark te verhandel nie.

Hoekom ons Waardes Eerste plaas

in die loop van ons werk kry ons soms toegang tot inligting oor Johnson Controls of ander maatskappye wat vir beleggers potensieel nuttig kan wees. Om integriteit voorop te stel beteken om te wys dat daar altyd op ons staatgemaak kan word om inligting wat aan ons toevertrou is, te beskerm. “Binne”-inligting is inligting wat vir ‘n belegger belangrik sou wees om ‘n beleggingsbesluit te neem. Dit staan ook bekend as wesenlike, niepublieke inligting. Om sulke inligting vir ons eie voordeel te gebruik of om dit tot voordeel van andere bekend te maak, word as binnehandel beskou. Dit is onwettig, want dit gee onregverdige voordeel en verdraai die finansiële markte. Wette oor binnehandel word baie streng afgedwing. Dit omvat dikwels boetes en gevangenisstraf vir mense wat skuldig bevind word.

Hoe dit lyk om te wen

Ons voorkom binnehandel deur die volgende:

  • Deur nooit binne-inligting te gebruik om aandele in Johnson Controls of enige ander genoteerde maatskappy te verhandel nie, tensy en totdat sulke inligting bekend gemaak is en die mark kans gehad het om dit te verwerk.
  • Deur nie binne-inligting met enigiemand buite die maatskappy te deel nie (insluitend gesinslede, familie of vriende)
  • Deur binne-in inligting slegs aan kollegas bekend te maak indien hulle dit nodig het
  • Deur op te pas om binne-inligting teen toevallige bekendmaking te beskerm, deur versigtig te wees met maatskappy-dokumente en om oordeelkundig in publieke ruimtes te praat
  • Deur wenkgee te vermy – m.a.w. om wesenlike, niepublieke inligting oor enige maatskappy aan enigiemand bekend te maak wat moontlik iets kan verhandel terwyl hulle van sulke inligting bewus is

DINK EERS

V:

My oom se beleggings het nooit herstel ná wêreldwye finansiële krisis nie, en ek weet hy sukkel om vir sy kinders se skoolgeld te betaal. Hy het gevra of hy Johnson Controls-aandele moet koop. My gevoel is dat dit hom baie sou help, veral aangesien ons binnekort produkte bekend gaan stel wat die aandeelprys sal laat styg. Mag ek hom van die nuwe produkte vertel, of aanbeveel dat hy aandele koop?

A:

Absoluut nie. Inligting oor komende produkte is wesenlike, niepublieke inligting wat vir u oom ‘n onregverdige handelsvoordeel kan gee. Om daardie inligting bekend te maak, sou onwettig wees. Vertel vir hom dat u by Johnson Controls werk en dat u daarom gee inligting mag gee wat enigiemand kan aanmoedig of ontmoedig om aandele te koop nie. Verwys hom na die Investig Relations-afdeling van ons webwerf of stel voor dat hy die beleggerverhoudingsafdeling kontak as hy spesifieke vrae het.