Waardes Eerste

Everyone, Everywhere, Every Day

Elkeen, oral, elke dag

Wat ons elke dag by Johnson Controls doen maak die wêreld meer produktief, veiliger en meer volhoubaar. Om wenoplossings vir ons klante te skep is die sleutel tot oorwinning in die mark. Hoe ons dit doen is belangrik, want om te wen sonder integriteit is onbelangrik. Daarom is Integriteit Eerste die eerste onder ons waardes.

Ons waardes is die beginpunt van alles wat ons doen, waar ons dit ook al doen. Hulle herinner ons – en andere – wie ons is, waarvoor ons staan en hoe ons dinge gedoen kry. Hulle is ons inspirasie en ons gids. Dit is die rede hoekom Johnson Controls se Etiese Kode bekendstaan as “Waardes Eerste”.

Ons waardes stuur wengedrag, wat weer wenuitkomste stuur.

By Johnson Controls lei ons waardes ons - al die pad van inspirasie tot bereiking.

INTEGRITEIT EERSTE

Ons belowe eerlikheid en deursigtigheid. Ons handhaaf die hoogste integriteitstandaarde en kom die beloftes wat ons maak na.

DOELGERIG

Ons glo daaraan om goed te vaar deur goed te doen en hou onsself daarvoor verantwoordelik om die wêreld ‘n beter plek te maak deur die oplossings wat ons verskaf, ons betrokkenheid by die gemeenskap, die manier waarop ons sake doen en ons toegewydheid om mense en die omgewing te beskerm.

KLANTGERIG

Ons wen wanneer ons klante wen. Ons langtermyn strategiese verhoudings verskaf vir ons unieke insigte en die vermoë om uitsonderlike klante-ervarings en oplossings te lewer.

TOEKOMSGEFOKUS

Ons kultuur van innovering en voortdurende verbetering stuur ons om vandag se uitdagings op te los, terwyl ons voortdurend vra, ‘wat is volgende’.

EEN SPAN

Ons is een span wat toegewyd is om saam te werk om die doelgerigte oplossings te skep wat die wêreld vorentoe laat beweeg.

Hoekom ons Waardes Eerste kom

Hoekom ons Waardes Eerste kom

Johnson Controls het oor 130 jaar ‘n reputasie opgebou as ‘n maatskappy wat vertrou kan word om sy beloftes na te kom en om waarde te lewer aan ons klante en ander belanghebbendes.

Hierdie reputasie is ons verantwoordelikheid, ongeag wat ons rol by die maatskappy is. Ons individuele keuses en optredes het ‘n direkte impak op Johnson Controls se vermoë om aan klante, beleggers en ander belanghebbendes se verwagtings te voldoen. Ook al is ons 120 000 mense wat baie handelsmerke en funksies oor die wêreld ondersteun, wen ons as Een Span. Ons keuses en gedrag moet ‘n kultuur van vertroue en respek ondersteun wanneer ons mekaar help om ons beste werk te doen.

Dit is die rede hoekom ons Waardes Eerste, ons Etiese Kode, het. Dit stel verwagtings vir gedrag en rig ons op die bereiking van die beste uitkomste vir onsself en al ons belanghebbendes. Dit is ‘n praktiese bron wat maklik is om te gebruik, wat vir ons wys hoe om ons gedeelde waardes in dade om te sit. Wanneer ons waardes die regte gedrag stuur, wen almal