George Oliver

Boodskap van die CEO

 

Geagte kollegas,

Ons lewe in ‘n wêreld waarin kompleksiteit, verandering en onsekerheid daaglikse werklikhede is. Die gedagte om meer beheer te hê oor die omgewings waarin ons lewe, werk en reis is gerusstellend en bemagtigend. Hierdie gedagte het in 1883 vir Warren S. Johnson geïnspireer om die elektriese kamertermostaat uit te vind. Dieselfde fundamentele manier van dink inspireer Johnson Controls vandag: regoor die wêreld werk ons saam en innoveer ons om die wêreld veilig, gemaklik en volhoubaar te maak. Ons sien onsself as ‘n maatskappy wat meer doen as net dinge maak; ons maak ‘n verskil.

Ons moet die groter prentjie in gedagte hou wanneer ons ons werk doen, wanneer ons met kollegas, klante en die wêreld in sy geheel omgaan. Deur dit te doen word ons herinner aan die feit dat die impak van ons individuele besluite en optredes, goed of sleg, baie groter kan wees as wat ons ooit kon dink. Die vertroue van klante en ‘n reputasie vir gehalte, betroubaarheid en integriteit was nog nooit belangriker nie. Vir hierdie rede is Waardes Eerste, Johnson Controls se Etiese Kode, ‘n noodsaaklike bron. Elkeen van ons het ‘n verantwoordelikheid om die Kode te ken en altyd daarvolgens te handel.

Die kode se naam is van belang; dit weerspieël die geloof dat deur prioriteit aan ons waardes te gee, ons ‘n maatskappy bou wat sal standhou. Deur ons waardes in praktyk te bring bevorder ons ‘n kultuur van vertroue en respek. Dit laat ons weer toe om saam te werk, te innoveer en ons beste werk te lewer sodat ons en ons klante saam kan wen.

Dankie vir alles wat julle doen om die wêreld veilig, gemaklik en volhoubaar te maak.

Die uwe

George Oliver
Voorsitter en Hoof Uitvoerende Beampte

Waardes Eerste